top of page
IMG-20240119-WA0099.jpg

BSK Boerbokstoet

BSK Boerbokstoet is geregistreer by die SABTV (boerboktelersvereniging) asook by SA Stamboek. Ons boerbokke floreer op bos en veld aan die voet van die Suurberge.

Banner Logo.jpg

Ons het in die lang droogte gesien dat sommige vee swaarder trek in harde omstandighede, maar ons bokke het floreer. 

Ons het dit goed gedink om meer aandag aan die vertakking te gee - waaroor ons nie een oomblik spyt is nie. 

Stoetdoel

 - Ons produseer ramme en ooie wat ons kommersiele kudde kan verbeter

- Die diere wat in ons terrein met sy uitdagings van parasiete en hartwater floreer sal by ander kuddes ook 'n positiewe impak maak

- Ons teel diere wat in harmonie is met die natuur. Sulke diere sorg vir 'n boer.

​

DSCN7445.JPG
IMG-20221126-WA0037.jpg

BSK Boerbokstoet is in 2021 geregistreer. Die stoet ooie kry nie voorkeur bo die kommersiële diere nie – almal loop saam en daar word verwag dat ooie in strawwe hartwater area, onder ekstensiewe omstandighede jaarliks lammers produseer. Kudde seleksies word streng onder die reels van die SABTV rasstandaarde toegepas. 

Order via Whatsapp

  • Black Facebook Icon
  • bsk_meat

© 2035 by BSK Free Range Farms

bottom of page